What our clients say about our services:Drama kinders.jpg 3

Hi Anserie
Hoop dit gaan goed, wou jou net laat weet het Almay het weer die redenaars kompetisie gewen, dankie vir jou goeie speech.
Seënwense
Yolande Wolmarans, Montagu

I would like to thank you for your phenomenal service. The speech is excellent and you have also promised and delivered. It is very seldom that someone meets all your expectations, but this is one of those times.
Rose Griesel

I am highly satisfied with the standard of the speeches and the audio file is the most exciting part for my child.  He learns the speech much more quicker and he enjoys listening to it whilst he prepare.
I will certainly request your assistance again.
Will revert back to you.
Charmain

Thank you for two amazing speeches. Your service was excellent!!!
Ronel de Beer

Hallo Tannie Anserie, ons het vanaand met die skool se toneel opgetree by die Kunswedstryd en dit het my net weereens laat besef HOE baie Tannie my gehelp het oor al die jare! Tannie het my SO SO baie dinge geleer. Tannie het my geleer om nie skaam te wees nie en hoe om te praat en my selfvertroue gegee en Drama vir my soveel pret gemaak. En sonder tannie sou ek beslis nie die persoon gewees het wat ek vandag is nie en als bereik wat ek doen nie! Ek het net gevoel ek moet vir tannie BAIE BAIE dankie sê vir tannie se hulp, ondersteuning en Coaching oor al die jare. Ek waardeer dit so baie!  Tannie is nog altyd een van my rolmodelle gewees. Ek is lief vir Tannie!!
Linné du Preez – Kempton Park Hoërskool – Gr 11

“Ek het al die afgelope 6 jaar by Anserie toesprake bestel. Die toesprake het elke keer so goed gepas by my kind dat dit vir haar lekker was om dit op te se.  Ek het ook elke keer komplimente by die beoordelaars gekry oor die toesprake.
Om toesprake by Anserie te bestel maak almal se lewe makliker – aangesien sy die cd verskaf wat jou kind kan luister spaar dit die ma baie tyd om die toespraak vir die kind aan te leer. Ook…. Leer hulle die woorde en sinne reg uitspreek van die begin af – wat baie tyd spaar om woorde en beklemtonings reg te maak as die kind klaar geleer het. (Dis lekker om haar te ken!!!)”
Karen Posthumus

My 2 seuns Martin Hattingh (nou 25) en Tiaan Hattingh (nou 19) het vir baie jare by Anserie Drama geneem. Anserie het sedert skryf 2000 vir my  seuns toesprake en het vir Martin ook op Universiteitsvlak gehelp.
Sy beskik oor ‘n unieke talent om met kinders te werk en kinder persoonlikheidjies te ontwikkel tot unieke grootmensies. Haar warm, liefdevolle, persoonlike verhouding met elke kind is kosbaar.
Sy beskik oor ‘n unieke toespraak skryftalent deurdat sy uitstekend daarin slaag om elke kind se karakter vas te vat in die toesprakie wat sy vir hom/haar skryf.
Dis lekker om haar te ken. Ek kan haar sterk aanbeveel.”
Hestie Myburgh

Anserie se toesprake is ongelooflik professioneel en persoonlik vir elke kind. Ek sien my twee kinders se persoonlikhede in elke toespraak wat sy nog vir hulle gedoen het! Sy ken elke kind en weet wat hulle vermoë is….”
Handri Stofberg-Nel

Anserie skryf altyd Engelse toesprake vir my Kinders, (Graad 4 en 6 onderskeidelik). Hulle het elke keer uitstekend gevaar in hul skool en ander Kompetisies Duisend dankies vir altyd puik toesprake Anserie!”
Elmari van der Walt

Anserie wend haar ryke ervaring effektief aan wanneer sy baie vinnig ‘n leerder se sterk en swakker (ontwikkelings) punte kan identifiseer. Sy pas gevolglik die insig en kennis toe om toesprake te skryf wat die individu se vlak van gereedheid, selfvertroue en bekwaamheid komplimenteer.
Anserie pas ‘n metode van ‘n kombinasie van herhaling, sig en gehoor toe wanneer die toesprake geleer word. Gevolglik kan ‘n toespraak baie vinnig (4 dae) geleer word, maar die individu onthou omdat hy/sy die inhoud verstaan en daarmee kan vereenselwig.
Anserie is volgens my mening baie bekwaam veral wat die skryf van toesprake betref omdat sy die individu as die kern van die proses beskou, wat die nodige uitkomste tot gevolg het.
Bowenal dra sy spesiale sorg dat die leerder tuis voel met die inhoud om dit hulle eie te maak wat aan die einde van die dag by voordrag die resultate bring.
Ina

Anserie Badenhorst het al verskeie kere vir my hoërskool dogter, Anri, toesprake geskryf vir ATKV redenaars. Al die toesprake was uitstekend nagevors en met insig en humor geskryf. My dogter het nog altyd positiewe repliek gekry van beoordelaars by die ATKV.
Anserie het ‘n besondere passie vir Tale – Afrikaans en Engels – en vir kinders en sy het ‘n baie waardevolle rol gespeel om my kind te ontwikkel as spreker.
Erika Beukes